Taberna Book Shop
My Eerste Boek oor Perde en Ponies
My Eerste Boek oor Perde en Ponies
Couldn't load pickup availability
Ontdek die wêreld van perde en ponies in hierdie gids propvol feite.
Vind meer uit oor perde se gedrag, en ontdek hope nuttige wenke oor hoe om jou ponie te versorg. Ontmoet meer as 20 rasse, van Arabiere tot Shetlandponies.
Leer wat perde met hul liggaamstaal wys, watter verskillende kleure en patrone hulle kan hê, en vind meer uit oor die verskillende maniere hoe perde beweeg. Kom beleef die wonderlike wêreld van perde en ponies met hierdie nuttige gids propvol fantastiese foto’s en feite oor perde.
Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou troetelperd te versorg sodat hy gelukkig en gesond bly, en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en atletiese vermoëns.
Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van perde hou, of jy nou reeds ’n perde-eienaar is of daarvan droom om eendag jou eie ponie te kry.
