{"title":"3 - 6 jaar | Voorlees","description":"","products":[{"product_id":"wies-jy-mnr-slym","title":"Wie's Jy, Mnr Slym?","description":"\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\" data-mce-fragment=\"1\" data-mce-style=\"font-weight: 400;\"\u003eMorne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar!\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44573533045036,"sku":"","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/wie_sjymnrslym.jpg?v=1677050363"},{"product_id":"moet-nooit-vir-n-t-rex-n-boek-wys-nie","title":"Moet Nooit Vir 'n T-Rex 'n Boek Wys Nie","description":"\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\" data-mce-fragment=\"1\" data-mce-style=\"font-weight: 400;\"\u003eHet jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy vir 'n T-Rex 'n boek wys? Sy sal nie weet wat om daarmee te doen nie!! Sy sal dink dis 'n koekie, of selfs 'n hoed! Maar wat as sy leer lees? Sy besluit dalk sy wil eerder 'n kunstenaar wees, of 'n dokter, of 'n professor, of selfs die staatspresident! \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\" data-mce-fragment=\"1\" data-mce-style=\"font-weight: 400;\"\u003e'n Skaterlagstorie propvol verbeeldingskrag, pret en die viering van boeke! Uitstekend vertaal deur Jaco Jacobs. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44573537435948,"sku":"","price":175.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/moetnooitvir_ntrex_nboekwysnie.jpg?v=1677050486"},{"product_id":"ben-gaan-skool-toe","title":"Ben Gaan Skool Toe","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eBen hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou! Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak … \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eZuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie boek is ideaal vir gebruik in die klaskamer en sal onderwysers help om met hul jong leerders gesprekke te voer oor vriende maak, vrese en boelies. Die storie bevat Christelike temas en waardes, en Johann Strauss se pragtige illustrasies plaas hierdie boek in 'n klas van sy eie.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795590672684,"sku":"","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/bengaanskooltoe.jpg?v=1679556152"},{"product_id":"diereverkenners-tobie-die-diepseeduiker","title":"Diereverkenners: Tobie die Diepseeduiker","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eAandag alle avonturiers! Die Diereverkenners-reeks is ’n inspirasie om jou drome na te jaag. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eTobie is ’n jong tier wat daarvan droom om die donkerste dieptes van die oseaan te verken. Al wat hy nodig het, is waagmoed, deursettingsvermoë – en ’n tuisgemaakte duikboot! Kom saam met Tobie op ’n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte oseaanverkenners. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eTobie die diepseeduiker volg op Lola en die singende orgidee in the Diereverkennersreeks.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795594015020,"sku":"","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/diereverkennersTobie.jpg?v=1679556271"},{"product_id":"diereverkenners-lola-en-die-singende-orgidee","title":"Diereverkenners: Lola en die Singende Orgidee","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eLola die ysbeer is op pad na die reënwoud vir ’n asemrowende avontuur! Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan. Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgidee te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eKom saam met Lola op ’n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte plantsoekers. Waarheen sal jou avonture jou neem?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795594375468,"sku":"","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/diereverkennersLola.jpg?v=1679556319"},{"product_id":"donkie-se-lang-pad-dorp-toe-en-19-ander-fabels","title":"Donkie Se Lang Pad Dorp Toe, en 19 Ander Fabels","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ‘n unieke manier ‘n waardevolle lewenswysheid vir kinders insluit en wys hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003e\"Donkie se lang pad dorp toe\" dra die boodskap oor dat ‘n mens nooit almal tevrede kan stel nie. “Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering” dra by tot die idee dat mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet waardeer wat jy het. “Muggie sien kans vir Leeu” bevat die wysheid dat niemand so sterk is dat hy nooit kan verloor nie. “Tor sit Arend op sy plek” gee weer moed dat daar altyd ‘n manier is om ‘n boelie op sy plek te sit, al is jy klein…\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie is maar enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam, vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê?\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eMoenie langer wag om uit te vind nie!\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795595063596,"sku":"","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/donkieselangpadhuistoe.jpg?v=1679556399"},{"product_id":"n-galery-van-katte","title":"‘n Galery van Katte","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie boek is ’n aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eTerwyl Tom en sy ouma ’n kunsgalery besoek, dwaal hy af en bevind homself in ’n syvertrek waar hy ’n baie spesiale uitstalling raakloop …\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eRuth Brown, bekende prenteboekskrywer en -illustreerder van onder andere ’n Donker, donker storie, skep meesterstukke in hierdie briljante, speelse ontdekking van die kunsstyle van bekende en geskiedkundige beeldende kunstenaars.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003e’n Aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795596669228,"sku":"","price":130.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/galeryvankatte.jpg?v=1679556589"},{"product_id":"nellie-en-sion-beletha","title":"Nellie en Sion Beletha","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie storie gaan oor 'n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eNellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring 'n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie spesifieke storie handel rondom die idee van beletha — die Zulu woord vir iets op jou rug dra. Deur hulle dinosourusse vir 'n piekniek te neem leer Nellie vir Sion die kuns van beletha en Sion begin besef dat sy klein lewe iets is wat die moeite werd is om te dra. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie is 'n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795598012716,"sku":"","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/nellieension.jpg?v=1679556756"},{"product_id":"nellie-en-sion-thwala","title":"Nellie en Sion Thwala","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eOns wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie titel is die tweede in die reeks en gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eNellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie spesifieke storie handel rondom die konsep van thwala — die Zulu woord vir iets op jou kop dra. Deur ‘n vlak stroom te kruis vir ’n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir Sion die kuns van thwala. Sion leer dat daar meer as een manier is om jou kop te gebruik as jy gekonfronteer word met ‘n probleem. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795598995756,"sku":"","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/nellieensionthwala.jpg?v=1679556828"},{"product_id":"pampoenpit-se-groen-gevoel","title":"Pampoenpit se Groen Gevoel","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie storie vertel hoe ’n mens jou omgee moet vind wanneer jy ’n groen gevoel van jaloesie kry ... \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003ePampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ’n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ’n groot groen monster wat dreig om te ontsnap. Die kwaad stoot in haar keel op en haar gesig word rooi, haar lip begin te bewe en haar neus trek op ’n plooi. Maar Pampoenpit dink aan gister. Sy onthou Ouma se raad. Operasie Soek-jou-omgee begin nou op die daad!\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795600437548,"sku":"","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/pampoenpitsegroengevoel.jpg?v=1679556879"},{"product_id":"pragtige-piesangs","title":"Pragtige Piesangs","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003e’n Egte Afrika-storie van ’n jong meisie se kleurvolle bosavontuur ’n Jong meisie se doodgewone reis deur die bos word ’n verrassende avontuur … \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eTembi vat die pad deur die digte Afrika bos op pad na haar geliefde oupa toe. Sy het ’n tros pragtige piesangs wat sy as ’n Spesiale Geskenk vir hom wil gee. Op pad soontoe verloor sy die piesangs en sy loop allerhande stoute diere raak – ’n kameelperd, apies, selfs ’n swerm bye – wat hulle bes probeer om die piesangs met ’n Spesiale Geskenk te vervang. Maar elke keer raak die geskenk weg … Sal sy op die ou einde vir Oupa sy pragtige piesangs kan gee met die hulp van haar dierevriende? \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eElizabeth Laird se slim, sirkelagtige volksverhaal word pragtig aangevul deur Liz Pichon se helder illustrasies van Afrika en die kleurvolle diere wat daar bly.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795601420588,"sku":"","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/pragtigepiesangs.jpg?v=1679556935"},{"product_id":"prinses-pampoenpit","title":"Prinses Pampoenpit","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003ePampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003e’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ’n meisie as hoofkarakter.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795602043180,"sku":"","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/prinsespampoenpit.jpg?v=1679556977"},{"product_id":"storiekaros","title":"Storiekaros","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie bundel stories is ŉ karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ŉ storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R – by iets eenvoudig soos ŉ slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. \u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003e’n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795605549356,"sku":"","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/storiekaros.jpg?v=1679557091"},{"product_id":"vat-5","title":"Vat 5!","description":"\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in:\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eHaasmoles - Jaco Jacobs \u0026amp; Maja Sereda\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eSimon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES!\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eParmant - Leon de Villiers \u0026amp; Alzette Prins\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eParmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie, Vlakvark wil sy magie krap en Jakkals wil oor sy skubbe streel. “Nee!” sê Parmant elke keer: “Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eDie coolste ouma op aarde - Marita van der Vyver \u0026amp; Zinelda McDonald\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eIs jou ouma so cool soos myne? Ontmoet ’n paar fantastiese oumas… Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomblim. Ander oumas laat jou die lepel aflek as hulle koek bak of kan seerplekke beter soen. Maar een ding is seker: ’n Regte, egte ouma is altyd hope pret!\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eKarla Krullebol - Theresa van Baalen \u0026amp; Chris Venter\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eKarla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks …\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003ePrinses Mossienes - Wendy Maartens \u0026amp; Alida Bothma\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan style=\"font-weight: 400;\"\u003eVandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit ’n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na ’n plek waar alles beter is … ’n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van ’n egskeiding te hanteer.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44795618132268,"sku":"","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/products\/vat5.jpg?v=1679557263"},{"product_id":"katryn-kry-n-ster-deur-wendy-maartens","title":"Katryn kry 'n ster deur Wendy Maartens","description":"\u003cp\u003eDit is Katryn se 1ste dag by die nuwe skool.  Sy voel bang en onseker, maar maak gou nuwe vriende.  Katryn deel haar toebroodjie met 'n klasmaat en red 'n duif.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHierdie oulike verhaal oor 'n vriendelike en behulpsame sebratjie leer kinders dat alle emosies belangrik is en dat ons in enige situasie empatie en respek kan betoon.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50668745392428,"sku":"","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/Katryn.webp?v=1740745186"},{"product_id":"miekie-maak-haar-merk-deur-wendy-maartens","title":"Miekie maak haar merk deur Wendy Maartens","description":"\u003cp\u003eMiekie is vandag kwaad.  Hoe dan anders as met 'n irriterende boetie en maats wat haar terg.  Maar Juffrou help haar op die regte pad.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHierdie oulike verhaal oor 'n vurige meerkat leer kinders dat alle emosies belangrik is.  Die belangrikste is egter ons reaksie op hoe ons voel.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682851524908,"sku":"","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/miekie.webp?v=1741087775"},{"product_id":"simon-staan-sy-man-deur-wendy-maartens","title":"Simon staan sy man deur Wendy Maartens","description":"\u003cp\u003eSimon is hartseer omdat sy beste maatjie moes wegtrek.  Hy is ook hartseer toe sy hondjie doodgaan en hy by die skool geboelie word.   Met Mamma se hulp leer hy egter dat mens glad nie skaam hoef te voel om te huil nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHierdie oulike verhaal oor 'n hartseer leeutjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat moeilike situasies ons kan help om ons innerlike krag te ontdek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682865353004,"sku":"","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/simon.webp?v=1741088079"},{"product_id":"lukas-laat-sy-lig-skyn-deur-wendy-maartens","title":"Lukas laat sy lig skyn deur Wendy Maartens","description":"\u003cp\u003eLukas is bang vir die donker en vreemde geluide.  Hy voel skaam wanneer hy nie soos sy maats op die groot wiel by die kermis wil ry nie.   Met bietjie wysheid en leiding van sy pa, leer Lukas egter dat die baie dapper kan wees om \"nee\" te sê.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHierdie oulike verhaal oor 'n bang olifantjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat dapperheid vir almal anders lyk.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682880622892,"sku":"","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/lukas.webp?v=1741088462"},{"product_id":"hierdie-is-n-boek-oor-monsters-deur-jaco-jacobs","title":"Hierdie is 'n boek oor Monsters deur Jaco Jacobs","description":"\u003cp\u003eHierdie is 'n boek oor feetjies.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaar is net een probleem .... om elke hoek en draai kruip monsters weg wat lawwe poetse bak !!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIs daar ooit enige feetjies in hierdie boek ???\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682895532332,"sku":"","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/monsters.webp?v=1741088828"},{"product_id":"n-maat-vir-alle-seisoene-deur-refiloe-moahloli","title":"'n Maat vir alle seisoene deur Refiloe Moahloli","description":"\u003cp\u003e'n Nuwe gesin trek langs Vuyo-hulle in. Hy kan hulle deur sy kamervenster sien.   Die mamma dans, die pappa lag, die hond swaai sy stert .... maar hoekom lyk die dogtertjie so hartseer ??\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e'n Bekoorlike storie oor vriendskap en empatie wat ons aanmoedig om onsself uit te druk en ander te ondersteun om dieselfde te doen.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels en IsiXhosa**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682905067820,"sku":"","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/maat.webp?v=1741089175"},{"product_id":"groot-skoene-vertaal-deur-jaco-jacobs","title":"Groot skoene vertaal deur Jaco Jacobs","description":"\u003cp\u003eZinzo het groot skoene om vol te staan.  Zinzo wil graag sy pa trots maak.  Sy oupa stel 'n wonderlike voorbeeld deur gaaf te wees met almal op die dorp.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar toe die kinders by die skool uitvind van Zinzo se onkonvensionele gesin, is hulle glad nie meer gaaf met hom nie.  Kan Zinzo hulle wys dat jy nie hoef bang te wees om anders te wees nie?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682916012332,"sku":"","price":185.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/skoene.webp?v=1741089579"},{"product_id":"trippel-die-trapsoetjie-deur-hannah-peckham","title":"Trippel die trapsoetjie deur Hannah Peckham","description":"\u003cp\u003eTrippel is baie ongelukkig omdat hy nie soos ander trapsoetjies van kleur kan verander om te wys hoe hy voel nie.  Maar op sy avontuur leer hy om te sê hoe hy voel en te luister as ander oor hulle gevoelens praat.   Hy is spesiaal net soos hy is.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOuers en terapeute kan hierdie boek gebruik om kinders aan te moedig om met 'n vertroueling te praat oor hulle emosies.  Kinders leer ook om te aanvaar dat elkeen uniek is.\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682926268716,"sku":"","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/trippel.jpg?v=1741089953"},{"product_id":"klouter-deur-hannah-peckham","title":"Klouter deur Hannah Peckham","description":"\u003cp\u003eDie apies, bobbejane en gorillas kraai koning in die woud omdat hulle in die hoë bome kan klim.  Hettie, die liewe olifantjie wil ook graag by haar maats inpas en droom daarvan om ook in die bome te klouter.  Sy skryf in vir die jaarlikse boomklimkompetisie en begin hard oefen.  Maar olifante kan nie boomklim nie, hulle het wel ander talente !!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOuers en Opvoeders kan hierdie boek gebruik om vir kinders aan te moedig om hulself lief te hê en te aanvaar net soos hulle is.  En dat hulle moet trots wees op hulle talente !\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682947305772,"sku":"","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/klouter.jpg?v=1741090489"},{"product_id":"brontie-se-brul-deur-hannah-peckham","title":"Brontie se Brul deur Hannah Peckham","description":"\u003cp\u003eDinosourusse kompeteer gereeld om te hoor wie die hardste kan brul.  Brontie wil eerder sing as om te brul.  Dan doen Brontie 'n dapper ding:  Hy sing in plaas daarvan om te brul - en dit werk !\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOuers en Opvoeders kan hierdie boek gebruik om kinders aan te moedig om oor hulle vrese te gesels en om hulp te vra.  Kinders leer hoe om nie onder groepsdruk te swig nie, maar dinge op hulle eie manier te doen.\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682957103404,"sku":"","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/brontie.jpg?v=1741090909"},{"product_id":"trippel-maak-maats-deur-hannah-peckham","title":"Trippel maak maats deur Hannah Peckham","description":"\u003cp\u003eTrippel ontmoet twee nuwe maats wat sy hulp nodig het - 'n verdwaalde parkiet en 'n eensame apie.  Saam met hulle leer hy om sy vrese en uitdagings aan te durf en dapper te wees.  Hy ontdek dis lekker om vriendelik te wees en ander te help !\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOuers en Opvoeders kan hierdie boek gebruik om kinders aan te moedig om hulp te vra wanneer hulle dit nodig het.  Kinders leer om vriendelik en behulpsaam te wees.  So is dit mos makliker om maats te maak !\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682965328172,"sku":"","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/maakmaats.jpg?v=1741091242"},{"product_id":"superhelde-van-die-savanna-deur-marleen-lammers","title":"Superhelde van die Savanna deur Marleen Lammers","description":"\u003cp\u003eWanneer 'n bakoorjakkals 'n vreeslose veglustige rater teëkom, besluit hy om saam met die superdier te bly vir beskerming.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie ratel is nie mal oor hierdie idee nie, totdat hy besef die jakkalsie het ook 'n paar slim toertjies van sy eie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50682988527916,"sku":"","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/superheld.jpg?v=1741091532"},{"product_id":"lisa-liefbesie-se-sewe-verlore-kolle-deur-riana-scheepers","title":"Lisa liefbesie se sewe verlore kolle deur Riana Scheepers","description":"\u003cp\u003eOntmoet vir Lisa liefbesie.  'n Pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle.  Sy is geliefd deur al die diere op die plaas.  MAAR op haar verjaarsdag verdwyn haar swart kolle spoorloos ! \u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eVolg Lisa op 'n opwindende avontuur terwyl sy haar kolle soek.  Sy ontmoet baie nuwe vriende wat almal help om die raaisel op te los.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSal Lisa haar kolletjies vind voordat sy weer verjaar ??\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50683042890028,"sku":"","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/lisa_liefbesie_se_sewe_verlore_kolle_voorblad.jpg?v=1741092578"},{"product_id":"pampoenpit-kry-n-beat-deur-bianca-flanders","title":"Pampoenpit kry 'n Beat deur Bianca Flanders","description":"\u003cp\u003ePampoenpit word een oggend wakker met 'n spesiale liedjie in haar hart,  'n Op en wakker beat wat binne haar borrel en bruis ...\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie musiek is ongeduldig dit wil almal graag laat sing.  Die ritme wil die hele buurt laat dans en laat rondspring !\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKort voor lank vaar Pampoenpit die strate in om haar spesiale liedjie met almal te deel !!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook in Engels beskikbaar**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50683062681900,"sku":"","price":160.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/beat.webp?v=1741092920"},{"product_id":"ben-en-die-groot-toets-deur-zuleka-smit","title":"Ben en die groot toets deur Zuléka Smit","description":"\u003cp\u003eBen moet sy heel eerste toets skryf en hy is baie bang.  Hy raak so deurmekaar met al die letters en klanke en hy voel sommer naar.  Mamma herinner Ben daaraan dat Jesus altyd by hom is en hom sal help .... MAAR gaan Ben dit onthou ?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBen en die groot toets is 'n heerlike leesavontuur waarin kinders die opwinding van klanke en lees ontdek.  Dit is 'n wonderlike hulpmiddel in storieformaat vir ouers en opvoeders om vir kinders die liefde vir taal aan te leer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook beskikbaar in Engels**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50683079721260,"sku":"","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/toets.jpg?v=1741093275"},{"product_id":"ben-en-die-boelies-deur-zuleka-smit","title":"Ben en die Boelies deur Zuléka Smit","description":"\u003cp\u003eBen word geteister deur die Koen tweeling wat hom boelie by die skool.  Ben wil nie meer skool toe gaan nie.  Mamma herinner Ben dat hy nooit bang hoef te wees nie, want Jesus is altyd by hom.  Ben ontdek dat daar ander maniere is om boelies te hanteer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBen en die Boelies is 'n wonderlike hulpmiddel in storieformaat vir ouers en opvoeders om vir kinders aan te leer hoe om in 'n boeliesituasie op te tree.  Kyk bietjie wat doen Ben met die bullebakboeties !\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50683099283756,"sku":"","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/boelies.jpg?v=1741093611"},{"product_id":"lea-gaan-skool-toe-deur-zuleka-smit","title":"Lea gaan skool toe deur Zuléka Smit","description":"\u003cp\u003eLea wil nie skool toe gaan nie.  Skool maak haar bang en daar is nie maatjies wat met haar wil speel nie.  Maar dan lees haar mamma vir haar uit die Kinderbybel dat sy nie bang hoef te wees nie.  Dat Jesus baie lief is vir haar !\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eLea besluit om skool maar nog 'n kans te gee !\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50683115209004,"sku":"","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/lea.jpg?v=1741093846"},{"product_id":"vyf-verlore-vere-in-afrikaans-oorvertel-deur-nataniel","title":"Vyf verlore vere in Afrikaans oorvertel deur Nataniël","description":"\u003cp\u003eColette, 'n klein hennetjie ontdek die gans, Viviane se verlore veer tydens haar daaglikse uitstappie en besluit om dit te gaan teruggee.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKort daarna ontdek Viviane op haar beurt 'n verlore veer.  Dit behoort seker aan Gaston, die kalkoen wat ook 'n veer verloor het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar hoekom waai sulke mooi vere die wêreld vol ?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e**ook in Engels beskikbaar**\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50683141521708,"sku":"","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/vere.jpg?v=1741094198"},{"product_id":"daars-n-towerponie-in-my-bed-deur-martelize-faber","title":"Daar's 'n Towerponie in my bed deur Martelize Faber","description":"\u003cp\u003eLia se mamma moet hospitaal toe gaan.  Sy kry 'n fantastiese geskenk sodat sy nie te alleen voel nie.  Reënboog die towerponie ! is gereed om haar op allerhande avonture te vat\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMeer as wat sy ooit sou kon droom !!\u003c\/p\u003e","brand":"Taberna Book Shop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50683168620844,"sku":"","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0705\/2194\/6412\/files\/daar_s_n_towerponie_in_my_bed_high_res.jpg?v=1741094501"}],"url":"https:\/\/tabernabooks.myshopify.com\/collections\/3-6-voorlees.oembed","provider":"Taberna Book Shop","version":"1.0","type":"link"}